Tafelberg gemeente streef daarna om ‘n Býbelse kerk te wees. En dus ‘n gereformeerde kerk. Die begrip gereformeerd verwys na die groot Reformasie in die 16de eeu toe die Here manne soos Maarten Luther en Johannes Calvyn opgerig het om die kerk terug te lei na die Woord. Die kerk het ge-re-formeer - dus teruggekeer na die wortels van die eerste apostoliese kerk. Om gereformeerd te wees beteken dus om Bybels te wees in die volle sin van die woord. Dit wil Tafelberg gemeente ten alle koste wees en bly. Wat ons glo is dus wat die Bybel sê. Ons glo die Bybel as gesaghebbende onfeilbare Woord van God wat in alles absoluut foutloos is. Hierdie geloof word verwoord in die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en Dordtse Leerreëls - die drie belydenisskrifte wat ons onderskryf.
|