h/v Buitenkant en Commercial Str
Kaapstad
8001
SUID AFRIKA

E-Pos VonkposE-Pos / Vonkpos

Menu
Gemeente Leiers
Aksie Uitreik

WEB Ruimte Soek
 
Administration
Site Administrators Only!

Kerk Nuus

Week Program
Liturgie

Tafelberg Nederduitse Gereformeerde Kerk is 'n middestadsgemeente te Kaapstad aan die voet van die wêreldbekende Tafelberg.

Ons doel met hierdie webblad is om 'n groter groep lesers te bereik met die boodskap van Jesus Christus. Ons doelwit as gemeente is om in alles wat ons doen die liefde van Christus te uit leef.

WAAR IS ONS?

Straat Adres:

Hoek van Buitenkant- & Commercialstraat
Kaapstad
Suid-Afrika

Posadres:

Posbus 10001
Kaapstad
8000
Suid-Afrika

Erediens Tye:

Sondae 09h30 (Afrikaans)

Telefoon Nommer:

Kantoor Telefoon- & Faks Nommer : (021) 461-2682

Kantoorure:

Maandae, Woensdae & Vrydae 08h00-13h00

Om die kerkgebou - wat 'n Nasionale Monument is - te besigtig, skakel asseblief die kerkkantoor.

Bank Rekening Nommer:

Bank: ABSA , Heerengracht Straat, Kaapstad
Rekening Nommer: 4067740998
Tak Kode: 506009
Rekening Houer: NG Kerk Tafelberg Gemeente

 

MENU

Tafelberg gemeente streef daarna om ‘n Býbelse kerk te wees. En dus ‘n gereformeerde kerk. Die begrip gereformeerd verwys na die groot Reformasie in die 16de eeu toe die Here manne soos Maarten Luther en Johannes Calvyn opgerig het om die kerk terug te lei na die Woord. Die kerk het ge-re-formeer - dus teruggekeer na die wortels van die eerste apostoliese kerk. Om gereformeerd te wees beteken dus om Bybels te wees in die volle sin van die woord. Dit wil Tafelberg gemeente ten alle koste wees en bly. Wat ons glo is dus wat die Bybel sê. Ons glo die Bybel as gesaghebbende onfeilbare Woord van God wat in alles absoluut foutloos is. Hierdie geloof word verwoord in die Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en Dordtse Leerreëls - die drie belydenisskrifte wat ons onderskryf.

  

MENU



GOD SE WOORD BÓ ALLES


Tafelberg Nederduitse Gereformeerde Kerk © 2005 - 2012 ALLE REGTE VOORBEHOU