Dr. Chris Saayman en Beulah is gebore Kapenaars, beide van Bellville. Hulle het gematrikuleer aan die Hoërskool Bellville.
Chris het ná skool aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Daarna is hy weermag toe en het die Woord as kapelaan verkondig by SAKK te Faure.
Daarna is hy beroep na Ruyterwacht NG gemeente in die Kaap. Hierna het hy ook die gemeentes Presidentsoord (Springs) en Eendekuil bedien voordat hy op 11 Desember 2005 in Tafelberg gemeente bevestig is. Hy het verder studeer aan die Universiteite van Pretoria en die Vrystaat.
Sy groot liefde is die prediking en sy besondere gawe is om die Woord te onderrig. Daarby maak hy ook veel van gebed.
Beulah staan hom ten volle by. Sy is 'n gekwalifiseerde Geneeskundige Tegnoloog, maar werp haar kragte in by die bediening van die Woord op verskeie terreine.
Nelanie is onderwyseres in die Bolandse dorp Tulbagh. Mieke studeer Maatskaplik aan die Universiteit van Stellenbosch en Sanmarie is leerder by Hoërskool Jan van Riebeeck.
Bid asseblief vir hierdie gesin.
U kan ons leraar kontak deur op die geel koevertjie ( ) bo aan die bladsy te kliek.
|