Kliek op die prentjie om ons Besoekers Register te teken.
Van Dalen Peter, Houten - Netherlands Gods Zegen op uw gemeente. Dank Broeder Saayman voor uw opbouwende en Schriftgetrouwe Woord.
Peter van Dalen, Lid van het Europees Parlement
|
Peet Zeeman, L'agulhas - South Africa Liewe Tafelberg Gemeente,
Ek het nou net julle Bybelskoollesings van 2006 die eerste module afgelaai. Hoe het my gedagtes nie terug gegaan na 2006 nie en met dankbaarheid het ek die Here weer daarvoor gedank. Die Here het dit hier vir ons moontlik gemaak om die jeug te ontmoet en hulle is vuur en vlam om meer te leer.Ek het darem vir dr Chris vooraf gevra en hy het dadelik ja gese dat ek die lesings mag gebruik. Bid vir die jeug, hulle kry swaar en dank saam met ons die Here dat hulle juis in die tyd vra na sy suiwer Woord.
Liefde en seen
Peet Zeeman
|
Jan De Bruyn, Centurion - South Africa Baie dankie Dr Saayman vir die wonderlike ondesteuning wat u aan my moeder bied. Baie dankie ook vir die CD's wat u aan haar geskenk het. Ek hoop u gemeente waardeer dit wat u doen soos wat ek dit waardeer. Baie, baie dankie weereens. Vrede.
|
Coreen Neethling, Drieankerbaai - South Africa Net 'n groot dankie vir die boodskap van vanoggend. Ek het dit baie waardeer. Ek het dit gedruk en kan dit weer en weer deurlees. U weet, hoe ouer 'n mens word is ek maar aan die vergeet kant, gelukkig het ek nou die voorreg om u preke op die manier te geniet. Nogmaals dankie, voorspoed en goeie wense vir u gemeente.
|
Loelie Stone, Malmesbury - South Africa Geagte Dr. Saayman, dis 'n groot behoefte van my hart om vir u te bedank vir al die geseende boodskappe wat ons van u af ontvang - ek weet dat dit deur die werking van die Heilige Gees geskied, maar nietemin is ek dankbaar dat u soveel moeite doen met u voorbereiding en verspreiding daarvan d.m.v. die internet!! Dis werklik vir ons van soveel waarde en verrykking!!! Ek is maar 'n snaakse mens en kon maar net nog nie 'n holte vir my voet vind waar ek werklik suiwer net die Woord van God kon vind nie!!!!! Die kerke se boodskappe was almal soos hierdie geldmaak boodskapboekies van ... ens. Die Gees het my gelei na Tafelbergkerk waar ek u hoor preek het en dit was vir my wonderlik verrykkend en ek wou net nog en nog hoor!!!!! Baie dankie, ook vir Saterdag se konferensie wat net so treffend was, veral in die tye waarin ons nou leef!!!
Loelie Stone
Malmesbury
|
Jan De Bruyn, Centurion - South Africa Julle as 'n gemeente kan met reg trots wees op 'n wonderlike leraar nl Dr. Chris Saayman. Hy het wonderlike ondersteuning aan my moeder daar in Kaapstad gebied. Ek het nou eers kennis geneem van sy wonderlike preke op julle webblad. Dankie, ons sal dit nou gereeld lees.
|
Maria Jonsson, - Sweden Ek geniet die preke in klank baie!
|
John Ludick, Kaapstad - South Africa Ek moet erken die webblad bied vir my groot vreugdevolle oomblikke wat net tot eer van God kan strek - nogmaals baie dankie - ek waardeer dit grootliks.
|
Erika Venter, Skeerpoort - South Africa Dankie vir hierdie wonderlike gemeente en leraar. Ek het n paar maande gelede my lewe vir God gegee, en deur Sy Seun se genade woon ek in sy wonderlike lig. Prys die Heer. Ek kan nie wag om die preke te lees. Dit gee my krag.
Mag onse Heer jul seen.
|
Morné Swanepoel, Swartwater O622 - South Africa My internet is nou reg en prys die Here, nou kan ek ook na Dr. Chris se preke luister/lees. Dankie vir goeie verstaanbare uitleg van die woord.
Het die besoek aan Tafelberg gemeente in Desember 2010 saam met Celeste en Callie besonder heilsaam gevind.
Nat Bosveldgroete
Morné Swanepoel
|
Frans Patterson, Kaapstad - South Africa Baie dankie vir mooi boodskappe en lering wat u beskikbaar stel. Ek wil u sê ek is wonderlik geseënd daardeur. Mag God u hulle wonderlik seën. Ek het my vriende vertel van die web werf.
|
Luanne Myburgh, Cape Town - South Africa Love the teachings by Ds Chris Saayman - want more....
|
Loelie Stone, Malmesbury - South Africa Baaaaaaie dankie vir die wonderlike geestelike voedsel(vaste kos en nie melkkos nie). Dis soos strome van helder vloeiende water wat jou dors les, waarna 'n mens min in kerke vandag kry!!!! Ons waardeer alles wat julle doen om dit moontlik te maak, regtig baie!Weens afstand maak dit nou vir ons so moontlik!Wees verseker van ons bede!!!!!!!
|
Nico Brits, Prince Albert Sk - Canada Ek het na 'n hele paar van Dr Chris se preke geluister. Dit is goed om 'n prediker te hoor wat elke woord in die Woord glo. Mens kan dit hoor in die prediking.
Seen wense vir u almal.
|
Paul & Jenny Van Huyssteen, Alberante Gauteng - South Africa Beste TafelbergKerk,
Graag wil ons ook uit dankbaarheid 'n bydrae lewer tot julle gemeente in die vorm van 'n offer. Baie dankie vir die wyse waarop u die Woord verkondig. Seënwense vir u en die gemeente. Sal u so vriendelik wees om vir ons terugvoering te gee.
Baie Dankie
Vrede vir julle
Paul & Jenny van Huyssteen
|
Henk En Jannie Barnhard, Den Haag - Netherlands Op 25 oktober 2009 bezochten wij, op uitnodiging van uw organist mnr Diederick Basson, de eredienst van de Tafelberg gemeent in Kaapstad. Dr Chris Saayman preekte toen over 2 Petrus 1: 11.
Wat een belevenis was dit. We waren eigenlijk gekomen voor het orgel en orgelspel van mnr Basson (we hebben daarbij ook heerlijk mogen zingen en er van genieten!) Maar kregen nog een bezielende preek mee. Met als thema "Inspanning vanuit ontspanning". Wat een belevenis was dit!
Baie dankie vir julle gastvrijheid, de meegemaakte (en meegezongen) samenzang met de gemeente en de indrukwekkende preek van Dr Saayman.
Vanuit een herfstachtig Nederland een hartelijke groet en Gods zegen toegewenst.
Wie weet, tot ziens...
|
Johnny Young, Johannesburg - South Africa Prys die Here vir 'n gemeente wat werk veral Dr Chris.
|
Yolande Kruger, Pretoria - South Africa Ek is skoon aangedaan om weer van Tafelberg gemeente se doen en late te hoor. Ek het as proponent in die gemeente gewerk vanaf Jan 1998-Okt 2000. Dit was, werklikwaar, die mooiste 2 jaar van my lewe (sover!). Die gemeente se liefde, aanvaarding en meelewing bly my nou nog by. En as ek "Prys Hom, die Hemelvors" hoor, dink ek altyd aan hoe dit gevoel het of ons opstyg hemel toe as Dave Reid daai orrel 'uit volle bors' laat speel. Dankbaar om te hoor Oom en Tannie Stokkies leef nog. Dra asb my liefde aan hul oor. Ek het nou 3 kindertjies (5 maande, 4 jr en 6 jr) en sal hul beslis eendag die wonderlike gemeente in Kaapstad kom wys. Groete, Yolande en Gerhard Kruger
|
Leonard Horstman, Bellville - South Africa Wat sal ek nou sê. Ek het groot geword in Tafelberg gemeente. Dr Vorster was ons dominee. Ek was soos 'n kind in sy huis. Met sy kinders gespeel en saam met hulle skool toe gegaan. Ons kerk basaar is altyd by sy huis in Duiwelspiek gehou. Hy is nou al lankal dood, maar sy kinders mag miskien nog lewe. Ek het ook gedink die kerkgebou is tot geskiedkundige gebou verklaar. Die koster het destyds in die wooneenheid langs die kerk gebly. Ek sal maar ophou anders sit ek heelnag voor die rekenaar. Bly om te weet dat daar weer lewe in die ou gebou is. Sterkte vir die pad wat voorlê en al huisbesoeke.
|
Louis En Marianne Saayman, Townsville, Queensland - Australia Dankie vir U boodskappe, ons luister gereeld. Ons bid ook die Here se seen op U werk.
|
Linda De Bruin, Ermelo - South Africa ek geniet jul web dankie
|
Magda Kilian, Pretoria - South Africa Ek geniet regtig julle uiteensetting van die Heilige Gees en sou graag meer wou weet oor die Tabernakel van Moses se uitleg en betekenis van elke item in die tabernakel.
Geniet julle dag
Die Here is Groot en Almagtig en julle werk is Awesome.
Groete
Magda
|
Louise Bezuidenhout, Perth - Australia Beste Dominee, my Pa het my aanbeveel om u webwerf te besoek. Dit laat my sommer opnuut huis toe verlang. Dit is nou vir my wonderlik om te weet dat ons die preke kan luister of lees. Baie geluk met die pragtige webwerf en mag die jul gesin en die gemeente ryklik geseend wees. Groete
|
Gerda Groenewald, Cambridge - New Zealand Ek lei ons kerk, ACK (Afrikaanse Christen Kerk van New Zealand) se jeug groep. Ons het 'n Koffiekroeg begin wat Saterdag aande bymekaarkom in 'n klein saaltjie. Dis nou 5uur die oggend, Saterdag 23 Augustus en ek is opsoek na lekker singmateriaal. Kom toe op julle preek af vir die week. GOD IS SKEPPEND! Kort en kragtig! Dankie, ek is al lankal siek vir die twak wat die lot altyd wil verkondig op TV dat ons mense afstam van een of ander bobejaan of gewassie of wat se nonsens ookal. Maar iets wat my oog gevang het en goed laat voel:
GOD IS ALLES!
Hier in NZ beleef ek dit elke dag. HY is so goed vir sy mense hier, ons is soooo blessed. Hier voel, ruik en beleef ons SY GOEDHEID daagliks.
Groete hier vanuit New Zealand!
Gerda
|
Johan Hugo, - Mali Baie dankie vir 'n webblad met baie pitkos.
Ons is 'n groepie Suid-Afrikaners wat Sondae ons eie bybelgroep(vir ons kerk)hou en weekliks bybelstudie vir die manne en dames afsonderlik.
Baie seen en sterkte met die taak.
Groete uit Wes-Afrika
|
Johan Maree, Bloemfontein - South Africa Puik website, ek gebruik dit as bybelstudie, help my baie met vertolking en uitlegte. Thx weereens
|
Rose Willemse, Richardsbaai - South Africa Wat 'n voorreg om hierdie webtuiste te ontdek! Baie dankie
|
Trevor N. Links, B.th, Stellenbosch - South Africa Beste dr.Chris, gemeente
Dis inderdaad 'n lushof om deur julle webblad te blaai. Die foto's is mooi en die preke inspirerend! Gaan voort met u aktiewe bediening en mag die Here se seën daarop rus. Ek is 'n VGK-lidmaat van Vredendal, tans besig met my M.Div-graad by die kweekskool, US.
Groetnis & Gods rykste seën.
TREVOR N LINKS, B.Th
STELLENBOSCH
|
Aletta Louwrens, Kaapstad - South Africa Dankie vir al die geestelike manna! Dit is 'n plesier om weer 'n bekende stem te hoor praat. Groete aan die familie
|
Kat En Annie Knoesen, Hartenbos - South Africa Voorheen het ek bandjies van u preke bestel, nog deur Radio Kansel. Nou het ek die rykdom op Internet ontdek en ek prys die Here daarvoor. Het dit ook vir baie vriende vertel. Baie dankie dat u werklik die oop kanaal is waardeur die lewende water van Jesus Christus kan vloei tot by ons. Ons het aansoek gedoen vir ADSL sodat ons enige tyd van die week en dag na die preke kan luister. Baie dankie
|
Francois Marais, Pietersburg - South Africa Die beplande preke in klank word gretig afgewag.Sterkte met die implimentering daarvan!
|
Marius Storm, Apeldoorn Nederland - Netherlands Dit is goed om weer julle web tuiste deur te blaai. Dankie vir die skat van info wat julle besig is om te versamel. Ek gaan ons SA kerk mense in Nederland aanbeveel om hier gereeld te kom kyk.
Sterkte in die Suide en dankie vir die vriendskap.
Marius Storm
|
Drs Bijzet Ferdinand, Emmen - Netherlands Ek wens julle God se onmisbare seën oor julle belangrike taak om die Evangelie van Christus in die hart van die Kaap te versprei. Drs Ferdinand Bijzet, Nederland
|
Ds Andorette Greyling, Midrand - South Africa Pragtig versorgde webblad. 'n Inspirasie, dankie. God's rykste seen word julle toegebid.
|
Francois Marais, Pietersburg - South Africa Bests Dr Chris
Baie dankie vir die pragtige lewe-gewende gereformeerde preke op die werf. Dit word absoluut gewaardeer en verorber!
Beste wense
Francois Marais ( Pietersburg )
|
Marius Britz, Trichardt - South Africa Julle webblad is baie goed en prakties! Ek besoek dit gereeld, en put veel daaruit. Mag die Here jou bediening seen. Marius Britz
|
Marietjie Van De Wall, Kimberley - South Africa Goeiedag,
Hiermee weer woord van myself. Terwyl ek deur julle baie oulike webruimte blaai, kom ek toe op die foto's van die kerk af en daar sien ek toe die hekellappies wat my ouma, tannie Martha Loots gehekel het. Die ou tafel in die konsistorie het my oupa en ouma Loots geskenk, vertel my moeder vir my.Heerlike herinneringe!
Meer oor myself: Ek is nou 50 jaar oud. My nooiensvan was Lippens. My moeder is met 'n Nederlander getroud wat by tannie Loots-hulle geloseer het. Ek is getroud met die Kimberleyse argitek, Henk van de Wall wat weer 'n ryk familie-geskiedenis het in die Noord-kaap. Ek het 3 seuns. My moeder leef nog.(73 jaar oud).As julle weer 'n gemeente-fees het, laat weet ons asseblief. Ek wil graag weer in hierdie mooi kerk-gebou sit. Ons is lidmate van die NG-kerk Diamantveld.
Baie groete,
Marietjie van de Wall
|
Marietjie Van De Wall, Kimberley - South Africa Hierdie web-tuiste het baie herinneringe meegebring. My grootouers, Oom Nico en Tannie Martha Loots, was baie bedrywig in hierdie gemeente tot die Sestiger-jare toe Dr. Vorster en ook 'n ander Ds. Vorster leraars hier was.Ek onthou al die melkterte en pondkoeke wat my ouma vir die gemeente-feeste gebak het. My ouma-hulle was woonagtig te Nuwe Kerkstraat ens.
Mnr. Herbie Brand was die skriba/koster(dink ek).
Dit was goeie tye en ek onthou (as klein dogtertjie)die son wat inskyn tydens die
kerk-dienste.
|
Marthie Wilson, Piketberg - South Africa Dit gaan goed hier op Bergland. Ek maak steeds staat op die kennis wat Dominee so geduldig aan my oorgedra het en steeds oordra! Ek bid dat die Here Dominee sal "bless indeed" (1 Kor 4 v 10) daar by die Tafelberg gemeente.
Baie groete aan Beulah en die kinders.
God bless, Marthie
|
Carina Burger, Springs - South Africa Ek geniet die webtuiste vreeslik baie. Ek bid God's rykste seën toe op die gemeente.
|
Ronél Joubert, Swellendam - South Africa Baie geluk met u verjaardag Dr Saayman. Baie dankie vir Vox Viva en u preke waaruit verlossingsekerheid duidelik is. Ek bid vir die verkondiging van die evangelie daar in die stad en deur die CSO.
|
Maria Jonsson, Www.psalms.nl - Sweden Dankie vir die mooi webwerf! Ek hoop dat julle in die toekoms ook preke in klank wil toevoeg.
|
Fanus Hansen, Walvisbaai - Namibia Chris, jou/julle website is puik, defnitief nie my laaste besoek nie. Gods rykste seën vir julle as gemeente.
Fanus
|
Noleen Andrews, Kaapstad - South Africa Die web uiste is baie oulik and die preke is mooi uit een gesit, dit is die eerster keer wat ek tee kom dat 'n kerk hul preke so adverteer.Mooi so en mag die here jul ryklik seen.
|
Marthie Wilson, Piketberg - South Africa Dit is nie my eerste besoek nie, maar ek wil tog net sê 'baie geluk met hierdie uitstekende web-tuiste. So maklik om rond te beweeg, en alles is so duidelik!
Seënwense vir almal hierby betrokke.
God bless!
|
Bert Vos, Veen (n.br.) - Netherlands U gebruikte gister die berijming van Totius nog, dat spreekt nog bijzonder. Hier in Nederland gebruiken we de berijming nog waar deze uit voortgekomen is. Ik bid U toe dat u er zegen in mag vinden voor uw volk en uw gemeente. Want waar liefde woont gebiedt de Heere den zegen. Daar woont Hij zelf,daar wordt Zijn Heil verkregen. En`t leven tot in eeuwigheid.Vriendelike groete uit Nederland. Bert Vos, Veen.
|
Gerrit Duvenhage, Pretoria - South Africa Ek het u pragtige kerk gebou sowat 25 jaar gelede "ontdek" en was onder die indruk dat dit al tot niet gegaan het of vir iets anders gebruik word soos per die Bosmanstraat kerk in Pretoria! Dit was 'n wonderlike verassing om te sien daar is nog 'n lewende NG gemeente daar. Sal u dit oorweeg om 'n klankbaan van u orrel op die net te sit. God seën u ryklik!
|
Jan Coetsee, Auckland - New Zealand U is voorwaar bevoorreg om in so 'n netjiese gebouekompleks en teen so 'n besondere kultuuragtergrond God se Woord onbevange en suiwer te mag aanhoor en Hom te dien.
Hartlike Gereformeerde groetnisse uit Kiwiland.
|