Dr Chris Saayman en Beulah is gebore Kapenaars, beide van Bellville. Hulle het gematrikuleer aan die Hoërskool Bellville. Hy het ná skool aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en die grade BA, BTh en Lis.Th behaal. Daarna is hy weermag toe en het die Woord as kapelaan verkondig by SAKK te Faure. Hierna is hy beroep na Ruyterwacht NG gemeente in Kaapstad. Verder het hy ook die gemeentes Presidentsoord (Springs) en Eendekuil bedien voordat hy op 11 Desember 2005 in Tafelberg gemeente bevestig is. Intussen het hy verder studeer aan die Universiteite van Pretoria en Vrystaat en die grade MDiv en PhD behaal. Sy groot liefde is die prediking en sy besondere gawe is om die Woord te onderrig. Beulah staan hom ten volle by. Sy is ‘n gekwalifiseerde Geneeskundige Tegnoloog, maar werp haar kragte in by die bediening van die Woord op verskeie terreine. Nelanie is onderwyseres in die Paarl. Mieke is Maatskaplike Werker en is getroud met Henroux, ‘n elektroniese ingeneur. Sanmarie studeer onderwys in Wellington.

Bid asseblief vir hierdie gesin.

Dr. Chris Saayman is ook beskikbaar op Facebook.