Erediens Tyd: Sondae 09:30
Woord in Klank
Naweekpos
Youtube
Facebook

WAAROM IS DAAR SO BAIE INTERPRETASIES VAN DIE BYBEL? As die Bybel dan so duidelik is, waarom is daar so baie interpretasies? Net die bestaan van die duisende verskillende kerkdenominasies en groepies is getuienis van hoe Christene onder mekaar verskil oor Bybelinterpretasie! Die Rooms Katolieke het ‘n maklike uitweg: Slegs die Pous en sy “magisterium”…

IS DIE PROTESTANTISME NOU UITGEDIEN? 501 jaar gelede het die Protestantisme amptelik begin toe Martin Luther sy 95 stellings teen die kerkdeur in Wittenberg vasgekap het. Dit was sy protes teen die Roomse kerk se afdwaling van die Woord. Sederdien is die Protestantse kerkerewêreld veronderstel om steeds te protesteer – nie net teen Rome nie,…

 ‘N VERLORE SKAKEL IN DIE TRANSGENDER-GESPREK Sommige mense voel binne-in of hulle ‘n ander geslag/gender (hoewel gender en geslag nie presies dieselfde is nie, hanteer ons dit as sodanig vir die doeleindes van hierdie praatjie) is as wat hulle liggame aandui hulle is. En die geslagte hoef nie noodwendig net manlik of vroulik te…

      IS DIT SONDE OM DAGGA TE ROOK? Is dit sonde om dagga te rook? Wel, in die verlede sou ons so sê omdat dit onwettig was. Maar deesdae beweeg ons in die rigting waar jy daggaplante in jou tuin mag kweek en rook. Is dit nog steeds verkeerd? Die antwoord is JA….

IS BELYDENISSKRIFTE NIE OORBODIG NIE? Behalwe vir geloofsbelydenisse soos die “Apostoliese Geloofsbelydenis” wat die hele Christelike Kerk bely, is daar ook belydenisse wat spesifieke segmente van die Protestantse kerkerewêreld saambind soos byvoorbeeld die gereformeerdes se “Heidelbergse Kategismus” of “Westminster Confession”. Ons hoor al meer stemme wat sê dat ons nie sulke belydenisse nodig het nie,…

   WAS JESUS ‘N GELOOFSGENESER? Wat se soort ding is ‘n “geloofsgeneser”? Mens hoor dikwels daarvan en sien dit op sekere TV kanale. ‘n “Geloofsgeneser” is soos die “Lochness Monster” en Klaas Vakie. Dis iets wat nie regtig bestaan nie. Dalk sê jy: “Wag so ‘n bietjie, maar sê die Bybel dan nie…

AANBID CHRISTENE, JODE, MOSLEMS EN MORMONE DIESELFDE GOD? Dit word dikwels gesê dat – omdat Christene en Jode en Moslems en selfs Mormone dieselfde historiese erfenis in Abraham deel – hulle dus dieselfde God aanbid en dien. Is dit so? Nee, hulle doen nie. Dis waar dat Judaïsme, Christendom en Islam almal monoteïstiese godsdienste is…

  KAN SATAN ONS GEDAGTES LEES? Dis nogal ‘n algemene gedagte onder Christene dat die duiwel – of bose geeste – ‘n Christen se gedagtes kan lees. Maar kan hy? Besit hy die mag om te weet wat individue dink? Die antwoord is NEE en hier is die redes: 1 Satan is ‘n geskape wese…

WAT IS DIE “ MERK VAN DIE DIER”? In Openbaring 12-13 beskryf Johannes die onheilige drie-eenheid wat teenoor die ware Drie-eenheid staan: Die satan, anti-christelike politieke mag (eerste dier) en valse godsdiens (tweede dier). Die tweede dier doen groot wonderwerke om mense te mislei. Hy maak ook dat almal wat nie die eerste dier navolg…

HOE OM MET PORNOGRAFIE TE BREEK Indien jy werklik ‘n Christen is en na pornografie kyk en daaroor fantaseer en alles wat daarmee gepaardgaan, sal jy baie onvervuld en gefrustreerd voel. Want jy weet jy is vasgebind deur hierdie obsessie of verslawing. Christus het die beheer oor jou lewe geneem, maar nou is daar iets…

IS DIE “HEBREW ROOTS” BEWEGING REG? Die sg. “Hebrew Roots” beweging (of: Messiaanse Christene) leer dat die kerk van Christus eeue gelede korrup gemaak is deur Griekse & Romeinse invloede. Daarom is dit nodig – so dink hulle – dat die kerk terugkeer na sy Israelitiese begin/wortels. Jesus en Sy dissipels was tog Jode –…

BEPLAN DIE HERE VIR ONS VOORSPOED? In Jeremia 29:11 lees ons die bekende vers wat ‘n mens dikwels hoor aangehaal word: “Ek weet watter planne ek vir julle het, sê die Here, planne om julle voorspoedig te maak en nie te benadeel nie – om vir julle ‘n hoop en ‘n toekoms te gee.” Wat…

MAG ‘N CHRISTEN TATTOOS HÊ? Haai, as jy getattoo is beter jy luister wat die Here se Woord sê – soos byvoorbeeld in Levitikus 19:28 waar daar die volgende staan: “Julle mag nie heidense rougebruike navolg deur die hare voor die ore en wangbaard te knip of deur snye en tatoeëermerke op julle liggame te…

EK HOU VAN CHRISTUS, MAAR NIE VAN CHRISTENE NIE! Dit is nou regtig iets wat ‘n mens dikwels hoor – mense (gewoonlik mense wat nie regtig Christene is nie) sê dit en dan word Ghandi aangehaal as die een wat dit oorspronklik sou gesê het. Ghandi (‘n Hindoe) sou na bewering vir ‘n groep sendelinge…

  HOE OM IEMAND NA DIE HERE TE LEI – Deel 10 Elke situasie verskil, maar dit is belangrik om nasorg te probeer doen. Ons moet minstens die persoon se selfoonnommer neem en kontak behou. In ons verdere kontak met ‘n pasbekeerde, is die volgende belangrike aspekte om te onderstreep: 1 Dit is uiters belangrik…

HOE OM IEMAND NA DIE HERE TE LEI – Deel 9 Die gawe van die ewige lewe word deur GELOOFSVERTROUE ontvang! GEBED is ‘n manier waarop hierdie geloof uitgedruk word (Rom 10:9,10,13). In Hosea 14:2 sê die Here vir die volk: “Neem woorde en draai na die Here en sê vir Hom…” Baie mense bid…

      HOE OM IEMAND NA DIE HERE TE LEI – Deel 8 Die oorgangsinnetjie wat ‘n mens kan gebruik om vanaf die Evangelie-aanbieding na die oorplaas-van-geloofsvertroue te beweeg is “Maak dit alles vir jou sin”? Indien die persoon enigsins weifel, moet alles weer punt vir punt behandel word! Slegs indien die persoon 100%…

HOE OM IEMAND NA DIE HERE TE LEI – Deel 7 Die oorgangsinnetjie wat ‘n mens kan gebruik om vanaf “die ringvinger” (Christus: Wie Hy is en wat Hy kom doen het) na die “pinkie” (Geloofsvertroue) te beweeg klink soos volg: “Hierdie gawe kan ons slegs deur geloofsvertroue ontvang” GELOOFSVERTROUE (DIE PINKIE) A. WAT GELOOF…

HOE OM IEMAND NA DIE HERE TE LEI – Deel 6 Die oorgangsinnetjie wat ‘n mens kan gebruik om vanaf “die middelvinger” (God die Vader is liefde maar ook heilig en regverdig) na die “ringvinger” (Christus) te beweeg klink soos volg: “Hierdie probleem het God SELF opgelos in Sy Seun Jesus Christus” JESUS CHRISTUS (DIE…

HOE OM IEMAND NA DIE HERE TE LEI – Deel 5 Die oorgangsinnetjie wat ‘n mens kan gebruik om vanaf “die wysvinger” (die mens is ‘n verlore sondaar en nie in staat om homself te red nie) na die “middelvinger” (God is liefde maar ook heilig en kan niemand in die hemel toelaat nie) te…

HOE OM IEMAND NA DIE HERE TE LEI – Deel 4 Die oorgangsinnetjie wat ‘n mens kan gebruik om vanaf “die duim” (die ewige lewe is ‘n geskenk en kan nie verdien word nie”) na die “wysvinger” (die mens is ‘n sondaar) oor te gaan, klink soos volg: “Die feit dat die ewige lewe ‘n…

HOE OM IEMAND NA DIE HERE TE LEI – Deel 3 Daaglikse paraatheid is onontbeerlik vir ‘n sielewenner. Die 5 belangrike dinge is: 1) Wees op die uitkyk vir geleenthede 2) Soek/skep ‘n aanknopingspunt 3) Ken die twee aanvangsvrae uit jou kop: a) “Dink jy ‘n mens kan absolute sekerheid sê dat jy hemel toe…

HOE OM IEMAND NA DIE HERE TE LEI – Deel 2 Ons behoort altyd op die uitkyk te wees vir geleenthede om met mense die Evangelieboodskap te deel en om hulle daadwerklik na die Here te lei waar die Gees hulle harte oopgemaak het. Daar moet ‘n altydblywende belastheid wees vir ander se redding. Wanneer…

HOE OM IEMAND NA DIE HERE TE LEI – Deel 1 Wat die hart van vol is, loop die mond van oor (2 Kor 4:13). Wanneer ‘n mens deur geloofsvertroue op Christus se kruisverlossing ‘n weergebore Christen geword het, wil jy baie graag ander na die Here lei. Dis nou jou passie. Die vraag is…

LEWE VAN OORWINNING: Deel 6: SEWE DINGE OM ALTYD TE DOEN (Deel 2) NOMMER 4: WEES ALTYD BLY IN DIE HERE (Filip 4:4). Dit is ‘n bly-wees wat afhanklik is van Wíé ek altyd voor oë hou (sien punt 1). Ons is geneig om mense, omstandighede en selfs die duiwel voor oë te hou. Gevolglik…

LEWE VAN OORWINNING NO 5: SEWE DINGE OM ALTYD TE DOEN (Deel 1) Ons doen iets wat met verloop van tyd tot ‘n gewoonte ontwikkel het, sonder om te dink. Dit het tweede natuur geword. Byvoorbeeld tandeborsel doen ons sonder om te dink. ‘n Klein kind moet egter nog herinner word om dit te doen….

LEWE VAN OORWINNING: Deel 4: GEEN DEEL DONKER Lees eers Lukas 11:33-36. Dit is vir die Here baie belangrik dat Sy gemeentes & individuele gelowiges ‘n helder getuienis na buite moet uitdra. In Openb 1:20 word die gemeentes “lampe/kandelaars” genoem. Dit hou verband met die Meester se Woorde in Luk 11:33 waar Hy tereg sê…

LEWE VAN OORWINNING: Deel 3: MENEER NIEMAND Die groot blokkasie in die pad van ‘n geestelike oorwinningslewe, is die feit dat ons te groot is. Terwyl ons “niemand” is, vermoed ons dat ons eintlik “iemand” is. Daarom kan ons nie “deur die oog van die naald” gaan nie, want ons is so groot soos ‘n…

LEWE VAN OORWINNING DEEL 2: SOOS KINDERTJIES Wat is die hoogste vlak wat ‘n mens in die Koninkryk kan bereik? Wat het Jesus verrassend geantwoord toe aan Hom gevra is wie die grootste (heel hoogste) in die Koninkryk is (Mat 18:1)? Hy het ‘n kindjie geroep. Wie hom/haarself só verneder, is die hoogste in die…

LEWE VAN OORWINNING: Deel 1: GELOOF WAT OORWIN Dis nie nodig om ‘n geestelike “val en opstaan” lewe te leef nie. Hierdie oorwinning is deur die geloof (1 Joh 5:14). Vlgs Kolos 1:5 is geloof “the leaning of the human heart totally upon God” (Amplified Bible). Nog meer: Wat met die hart geglo word, moet…

1. Is die geloofslewe en die geloofsbelewenisse van ‘n Christen nie iets wat maar net sielkundig werk nie? Amper iets soos goed wat ‘n mens jouself inbeeld. Is die “betervoel” ná gebed, nie net ‘n sielkundige gevolg omdat ‘n mens hard glo dat Iemand jou verhoor het nie? Is die Christelike Geloof nie ‘n illusie wat…

Iemand het eenmaal gesê: “Die Heilige Gees vermors nie woorde nie.” Indien dit só is: hoe moet ’n mens dan ’n gedeelte soos Nehemia 3 verstaan? ’n Hoofstuk wat eintlik net bestaan uit ’n opeenstapeling van name: poorte se name en mense se name. Op die oog af klink dit soos ’n vermorsing van woorde…

Matteus 24: 1-14, 29-31, Openbaring 8: 6-13, 9: 20-21 Die droogte in die Wes-Kaap is die ergste in byna ‘n eeu. Voeg daarby al die ander rampe in die wêreld. Mens hoor dikwels opstandige reaksies. Byvoorbeeld: “Waar is God in hierdie ramp?” Altyd die beskuldigende vinger. Wanneer dit goed gaan, vra niemand egter na die…

VRAAGTEKENGEBEURE IN DIE BYBEL NO 1 Saul en die Heks van Endor 1 Samuel 28 Lees ‘n mens die geskiedenis van koning Saul, kom die vraag altyd weer na vore: Hoe kan dit wees dat so ‘n veelbelowende lewe so vreeslik te gronde kan gaan? Hoe kan ‘n mens so diep sink? Saul was verkies…

VRAAGTEKENGEBEURE IN DIE BYBEL NO 3 Toe die Here Moses wou doodmaak Eks 4: 24-26 ‘n Uiters vreemde gedeelte! ‘n Vreemde optrede van die Here. Sopas het Hy Moses by die brandende bos geroep tot ‘n groot taak. Moses was reeds gehoorsaam op pad om hierdie opdrag te gaan uitvoer. Maar, wanneer hy en sy…

VRAAGTEKENGEBEURE IN DIE BYBEL NO 2 Bere maak 42 seuntjies dood 2 Kon 2:23-25   Wat ‘n vreemde gebeurtenis! Seuntjies van Bet-El spot die profeet Elisa omdat hy bles is, hy vervloek hulle in die Here se Naam en twee bere kom verskeur hulle! Sjoe! Ja, dis duidelik dat die Godvyandige omgewing moes kennis neem…

VRAAGTEKENGEBEURE IN DIE BYBEL NO 1: Die vervloekte vyeboom Markus 11: 12-22   Daar is 3 redes waarom hierdie gebeurtenis so vreemd is:  Eerstens: Dis so ongewoon dat Jesus Sy almag op so ‘n manier gebruik. Hy wou juis nooit sensasie maak met Sy wonders nie. Nooit het Hy Sy mag aangewend t.w.v Homself nie. Hier is…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 19: JESAJA 22 Die Godsprake oor die heidense nasies – hfste 13-23 – gaan steeds voort. Die hoofdoel van hierdie reeks godsprake is om die Here se mense aan te moedig om nie op die nasies te vertrou nie. En ook nie op hulle eie vernuf nie. Mens sien hierdie…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 18: JESAJA 21 Die Godsprake oor die heidense nasies – wat in hfst 13 begin het – gaan steeds voort. Babel kom weer eens aan die beurt asook Edom (Esau se nageslag) en Arabië. Jesaja het hierdie Godsprake in 714vC uitgespreek, in die tyd toe Israelse leiers oorweeg het om…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 17: JESAJA 19-20 Die Godsprake aangaande die heidense nasies word in hfste 19-20 steeds voortgesit. Hierdie keer kom Egipte aan die beurt en in hfst 20 voer Jesaja ‘n “profetiese dramatjie” op om ‘n boodskap aan die Here se volk oor te dra. Hy trek sy bo-kleed uit asook sy…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 16: JESAJA 17-18 Die godsprake teen die nasies – wat in hfst 13 begin het – gaan steeds voort. Agtergrond van hfste 17-18: Damaskus was die hoofstad van Sirië/Aram en is in 732vC deur Assirië verwoes. Dis wat hfst 17 voorsien. Efraim/Israel was die noordelike 10 stamme van die Godsvolk…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 15: JESAJA 15 & 16 In die reeks Godsprake oor die heidennasies – wat by hfst 13 begin het – kom Moab nou aan die beurt. Die vraag wat die Here – deur Sy profeet – aan Moab stel is die volgende: Hoe sal Moab die opmars van genadelose Assiriese…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 14: JESAJA 14 In Jes 13 het ‘n reeks profetiese uitsprake aangaande die heidennasies begin. Eers was dit Babel (sien vorige studie). In hfst 14 word die Godspraak teen Babel voortgesit en kom Assirië en die Filistyne ook aan die beurt. Jesaja wou hê dat sy tydgenote hieruit vir hulleself…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 13: JESAJA 13 In hfste 13-27 wend Jesaja hom tot profetiese uitsprake aangaande die nasies wat Israel omring. Feitlik almal is ‘n bedreiging vir die realisering van God se Belofte van verlossing in/deur die komende Messias deur Israel. Daarom sal daar oordeel oor almal kom. Dit wys hoe die God…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 12: JESAJA 12 In hfst 11 is die koms en verlossing van die Messias belig (sien vorige lesing). Voortvloeiende hieruit volg die verlossingslied in hfst 12. Dit is ‘n wonder hoe die 66 boeke van die Bybel – geskryf deur baie skrywers oor die verloop van etlike duisende jare heen…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 11: JESAJA 11 Die konteks van hfst 11 is steeds dié van die vorige aantal hoofstukke: Die Here praat deur Jesaja met Juda en veral Israel (die noordelike 10 stamme) oor die Assiriese inval wat op hande is. In hfst 10 praat hy daarvan dat die Here die juk wat…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 10: JESAJA 10 Luister maar na mense se daaglikse gesprekke: Die kern daarvan gaan oor dit wat ons rondom ons in ons wêreld waarneem, wat in die verlede gebeur het en wat ons in die toekoms sien. En dit het gewoonlik te make met ‘n warboel van mense, gebeure, behoeftes…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 9: JESAJA 9 VERSE 1-6: Die volk Juda sit in geestelike duisternis omdat hulle die Woord verruil het vir die okkulte. Die Here het die volste reg om hulle in hulle selfgekose toestand te los. Maar dan sê Hy net uit die bloute: “Die volk wat in duisternis sit, het…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 8: JESAJA 8 Hfst 8 sluit naatloos by hfst 7 aan en handel steeds oor Juda se onvermoë om God te glo dat die konings van Israel en Aram hulle nie sal skade doen nie. Die Here sal vir Assirië gebruik om Israel (Efraim – die noordelike ryk) in ballingskap…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 7: JESAJA 7 VERSE 1-17 Geloof beteken gewoon om vertroue in iemand te stel. Hebreërs 11:11 > “Abraham het Hom wat beloof het, getrou geag.” Dit is een van die mooiste bybelse definisies van wat geloof is. Koning Agas van Juda (suidelike koninkryk) was bang vir die konings van Israel…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 6: JESAJA 6 Jesaja 1-5 was die inleiding en agtergrond tot sy boek, maar in hfst 6 vertel die profeet hoe hy as profeet geroep is en wat die inhoud van sy prediking was. Die eerste deel fokus op Jerusalem en die komende Messias-Koning. Ná die donkerte van hfst 5…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 5: JESAJA 5 A. VERSE 1-7 Liefde vir God is nie te vinde in die een of ander emosie nie, maar in gehoorsaamheid (Rom 13:8-9; 1 Joh 5:2-3; 2 Joh 1: 5-6; Mat 22:34-39). Die Here se wil soos uitgedruk in die Wet is nie ‘n leer waarlangs mens moet…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 4: JESAJA 4 1 Ons aanbid nie die Bybel nie, tog kan ons die Bybel nooit hoog genoeg ag nie, want dit getuig van die ingewing van die Heilige Gees – Gód se Woord in mensewoorde. Teen die donker agtergrond van Gods vyandskap en oordeel in hfst 3, skyn die…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 3: JESAJA 3 1 Hoe moet ons dink oor God-is-liefde (1 Joh 4:8)? Sy wése is liefde, Hy kan niks anders wees nie. Dit is vir God onmoontlik om Gód te wees en kontra Sy liefde teenoor enigiemand op te tree. Maar beteken dit dat Hy skadeloos is en nie…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 2: JESAJA 2 2: 1-4 > Wat sou jy sê: wie/wat is die kerk? ‘n Gebou? ‘n Unieke organisasie met leerstellings waaroor almal saamstem? Mense “wat op Sondag” bymekaarkom? Volgens Jesaja is die kerk ‘n internasionale gemeenskap van alle nasies wat bymekaargebring is deur die magnetiese krag van die Woord…

REEKS: JESAJA VIR VANDAG DEEL 1: JESAJA 1 Die 12 stamme van Israel was sedert 975vC verdeel in ‘n noordelike koninkryk (genoem “Israel”) en ‘n suidelike koninkryk (Juda) a.g.v burgeroorlog. Die noordelike 10 stammeryk is in die omgewing van 740vC in ballingskap na Assirië (ongeveer noordelike deel van moderne Irak asook ‘n gedeelte van oos…

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 22: RIGTERS 21 > HUNKERING NA DIE WARE KONING Die uitwissingsoorlog is verby. Broer het broer uitgewis. Slegs 600 man van die stam Benjamin is oor. Soos die soldate terugkeer, hef hulle ‘n klaagsang aan: “Waarom o Here, moet daar vandag een stam uit Israel vermis word?” So asof dit…

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 21: RIGTERS 20 > BENJAMIN WORD WEER BENONI Die Leviet se grusame “telegram” het één goeie gevolg gehad: die héle volk het saamgekom – behalwe die beskuldigde Benjaminiete. Alhoewel Benjamin van die vergadering geweet het. Die vrou se lyk was immers in TWAALF stukke verdeel en rondgestuur. Benjamin was dus…

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 20: RIGTERS 19 > VRYHEID SONDER GEBONDENHEID ‘n Leviet – dus ‘n man uit dié stam wat bestem was om die tempel te dien – vertoef as vreemdeling in die Efraimgebergte en het ‘n byvrou (dus nie sy eerste wettige vrou nie) wie se sedes nie bo verdenking was nie….

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 19: RIGTERS 18 > WAARHEID EN LEUEN MOEILIK TE ONDERSKEI Blykens Jos 19: 41-46 het die (klein) stam Dan ‘n grondgebied tussen Efraim, Benjamin en Juda ontvang, maar het dit om die een of ander rede kwytgeraak. Dalk was hulle nie opgewasse teen die Filistyne nie en het laasgenoemde hulle…

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 18: RIGTERS 17 > GODSDIENS WORD SELFDIENS Die laaste gedeelte van Rigters het ‘n totaal ander karakter as die eerste 16 hoofstukke. Hfste 1-16 vertel wat gebeur wanneer God telkens redders voorsien om Sy volk in krisistye te verlos. Hfste 17-21 vertel hoe dit gaan indien God níé voorsien nie….

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 17: RIGTERS 16 > GOD RED DEUR ‘N SWAK STERKMAN Heelwat tyd en ruimte word afgestaan aan Simson se liefdes. Selfs sy besoek aan ‘n bordeel kry ‘n paragraaf. Natuurlik veroordeel die Skrif alle vorme van onsedelikheid, maar híér wil die Gees nie die fokus op Símson plaas nie, maar…

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 16: RIGTERS 15 > VAN KAKEBEENHOOGTE TOT ROEPERSFONTEIN Op die lange duur is Simson se verlange groter as sy woede en keer hy terug na sy bruid van weleer, maar haar pa versper die ingang. Simson se strooijonker het haar as vrou geneem, want hulle het gedink Simson het haar…

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 15: RIGTERS 14 > DIE VROU UIT TIMNA EN DIE BLOEDIGE BRUILOFSFEES Bybelstudie is nie om na-aap te oefen nie. Dit is nie om “geloofshelde” te eien en hulle te probeer na-doen nie. Bybellees is om die evangelie (blye nuus) te probeer raakhoor. Simson is geen geloofsheld nie. Hy is…

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 14: RIGTERS 13 > DIE NASIREËRSGELOFTE As die Here met Gideon se bendetjie beklemtoon het dat Hý die een is wat veg en verlos, sou Hy dit met Simson nóg meer beklemtoon. Want Simson was maar net één man. Nie eens ‘n bende van 300 nie. En daarby het Simson…

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 13: RIGTERS 12 > DIE SJIBBOLET-OORLOG Hierdie gedeelte is byna ‘n herhaling van wat in hfst 8 gebeur het, met ‘n reuse verskil. Soos in die geval van Gideon, skrik die Efraimiete te laat wakker en beskuldig vir Jefta dat hy hulle nie by die oorlog betrek het nie. Hulle…

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 12: RIGTERS 11 > SKANDSEUN WORD GOD SE GENERAAL Die Here gebruik dikwels swakkes om sterkes te beskaam. Vgl 1 Kor 1: 25. Jefta was só ‘n persoon. Hy was die skandseun van ‘n prostituut. Hy was ook verwerp en uitgestoot deur sy broers. Hy het slegte kinderjare geken. Hy…

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 11: RIGTERS 10; 12: 8-15 > GOD SE GEDULD EN ONGEDULD Sommige mense maak voorbladnuus en ander haal skaars die doodsberigte. Die voorbladmense is nie noodwendig gelukkiger as die onbekendes nie. Die Rigterboek vertel ook van ‘n klompie Rigters wie se name vir duisende jare met groot moeite oorgelewer is,…

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 10: RIGTERS 9 > DIE HERE HANDHAAF SÝ KONINKLIKE REG Abimeleg was Gideon se seun by ‘n byvrou in Sigem. In Ofra het Gideon se ander 70 seuns gewoon. Waar ‘n man meer as een vrou het, ontstaan daar altyd moeilikheid (gebore uit afguns). Wie sou Gideon se opvolger wees?…

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 9: RIGTERS 8 > SIMUL JUSTUS ET PECCATOR Rigters 8 is ‘n raaisel: Hoe kan vroomheid én boosheid mekaar so afwissel in één gelowige se hart? Gideon is geroep deur God. Deur hom het die Here Sy volk gered. ‘n Mens sien hoe die Here se heerskappy in Gideon se…

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 8: RIGTERS 7 > MAGTIGE WEERMAG VAN …. 300! Die Here se toesegging (met tekens verseël) (hfst 6) het vir Gideon moed gegee. Nou sien hy kans vir die Mideaniete wat 135000 man sterk was (8:10). Maar, o weë, Gideon se manne was slegs 32000! En dan sê die Here…

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 7: RIGTERS 6 > BEGEESTERDE TWYFELAAR Wanneer jy op die rand van die afgrond is, maak jy dure geloftes. Maar wanneer die gevaar verby is, sit jy agteroor. So was dit ook met die Here se mense. Hierdie keer gebruik die Here die Midianiete as tugroede, ‘n volk wat maai…

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 6: RIGTERS 5 > SOOS DIE OPGANG VAN DIE SON IN SY KRAG Hierdie lied moet in direkte aansluiting by hfst 4 gelees word – die oorwinning oor Sisera. Hfst 5 is Deborah en Barak (die heuningby en weerligstraal) se lofpsalm om die Here te eer (en niemand anders nie)…

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 5: RIGTERS 4 > DIE HERE SEËVIER DEUR FLOU WEERLIGSTRALE EN ‘N HEUNINGBY Dis byna ondenkbaar dat die Here se gemeente wéér afvallig geword het ná Ehud se dood. Was Ehud se waagmoed dan nie genoeg om die jeug te oortuig dat die HERE die enigste God is nie? Dalk…

WOORD-IN-AKSIE 2012 TAFELBERG GEMEENTE REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 4: RIGTERS 3: 7-31 > DIE HERE GEBRUIK SWAKKE MATERIAAL As ‘n mens Rigters 1: 11-15 & 1 Kronieke 4:13 bý Rigters 3: 7-11 lees, dan weet jy álles wat die Bybel oor die eerste rigter Otniël (leeu van God) sê. Sy vrou was ouer as…

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 3: RIGTERS 2: 11- 3:6 > GEEN WILLOSE PIONNE Hfst 2 dien as ‘n soort “voorskou” van die hele boek. En, dit is geen suikersoet verhaaltjie nie! Dit eindig nie met die woorde “en hulle het toe vir altyd gelukkig gelewe” nie. Die skrywer kan ongelukkig nie volstaan met die…

REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 2: RIGTERS 2: 1-10 > ANTWOORD OP ‘N LEWENSRAAISEL In hfst 1 het ons gesien hoedat die destydse Israel-gemeente aan die Here se belofte moes vashou en die beloofde land gaan inbesitneem. Die Here het immers Sy belofte op Sy erewoord gegee. Aanvanklik het dit goed gegaan, maar geleidelik het…

WOORD-IN-AKSIE 2012 TAFELBERG GEMEENTE REEKS: RIGTERS VIR VANDAG DEEL 1: RIGTERS 1 > GOED BEGONNE HALF GEWONNE Agtergrond van die boek Rigters: Die rigtertydperk val tussen die intog in Kanaän en die koningstydperk. Eintlik is die woord “rigter” misleidend. In die Hebreeus beteken dit REGTER of REGEERDER. Die volk het geen koning gehad nie en…

TAFELBERG BYBELSKOOL 2015 Sewendedag Adventisme   Teen die middel van die 19e eeu, was daar in Europa ’n oplewing in wederkoms-belangstelling. Die wederkoms van Christus = “Tweede advent” (“Advent” = “koms”). Veral Daniël en Openbaring was onder die soeklig. Uit Daniël 8:14 is afgelei dat die wederkoms in 1843 sal plaasvind. ’n Sekere New Yorkse…

TAFELBERG BYBELSKOOL 2010 Godsdienste & Kultusse No 7: Scientology Lank, lank gelede (75 miljoen jaar gelede, om presies te wees) was daar ‘n buite-ruimtelike leier, en sy naam was Xenu. Xenu was in beheer van al die planete aan hierdie kant van die melkweg, asook ons eie planeet Aarde. Xenu het ‘n probleem gehad. Al…

TAFELBERG BYBELSKOOL 2010 Godsdienste & Kultusse No 6: Christian Science The Church of Christ (Scientist) is deur Mary Baker Eddy in 1862 gestig. Sy was ‘n semi-invalide wat deur haar man geleer is watter moontlikhede daar is in genesing sonder die gebruik van medisyne. Sy het beweer dat sy só genees is ná ‘n groot…

TAFELBERG BYBELSKOOL 2010 Godsdienste & Kultusse No 5: Die Nuwe Apostoliese Kerk (NAK) Die stigter was die Skotse prediker, Edward Irving (gebore in 1792). Hy het vurig gepreek dat die einde van die wêreld naby is en dat die Kerk swaar gesondig het deur nie al die ampte van Efes. 4:11 in te stel nie…

TAFELBERG BYBELSKOOL 2010 Godsdienste & Kultusse No 4: Islam Lees: Romeine 3: 20-24 1. Die Islam (beteken: onderworpe) is ’n ná-christelike godsdiens. Dit het in die 7e eeu n.C. ontstaan tydens die lewe van Mohammed. Deur die eeue het die kerk relatief min sending-aandag aan die Islam gegee. Intussen het die Islam só gegroei dat…

TAFELBERG BYBELSKOOL 2010 GODSDIENSTE & KULTUSSE NO 3: HINDOEÏSME Hindoeïsme is die godsdiens van Hindustan (oftewel Indië). “Hindustan” beteken “plek van die Indus(rivier)”. Niemand weet wanneer die Hindoeïsme ontstaan het nie. Niemand spesifiek het daarin ‘n rol gespeel nie. Die eintlike naam van die godsdiens is Sanatana Dharma (ewige wet) wat ‘n sameflansing is van…

TAFELBERG BYBELSKOOL 2010 GODSDIENSTE EN KULTUSSE NO 2 Boeddisme Streng gesproke is Boeddisme nie ‘n godsdiens nie, maar ‘n filosofiese lewenskode waarin geen godheid enige rol speel nie. Boeddisme leer dat die bron van blydskap (nirvana) binne in die mens self geleë is. Die begrip “buddhi” beteken “om te ontwaak”. Siddartha Gotama was ‘n Nepalese…

TAFELBERG BYBELSKOOL 2015 Godsdienste & Kultusse No 2: Rooms-Katolieke Kerk 1 In 313 is die Edik van Milaan deur Keiser Konstantyn uitgevaardig. Dit het godsdiensvryheid gewaarborg, maar die kerk het aan die staat onderhorig geword. Die Keiser was die “baas” van die kerk. Gaandeweg is die direkte koningskap van Christus in Sy kerk ondermyn deurdat…

TAFELBERG BYBELSKOOL 2011 DIE DOOP: DEEL 4: STORT OF BAD Aangaande die metode van doop, was daar deur al die eeue verskil van mening binne die universele kerk – óók vanweë die feit dat die Skrif geen direkte aanduidings gee nie. Alles word dus op afleidings baseer. Die volgende metodes word deur die eeue gebruik:…

TAFELBERG BYBELSKOOL 2011 DIE DOOP: DEEL 3: BLOED TOT WATER ‘n Sterk argument ten gunste van kinderdoop, is dat die “doop in die plek van die besnydenis gekom het”. Bedoelende dat kinders van gelowiges gedoop behoort te word net soos seuntjies in die bedeling vóór Christus se koms besny is. Nêrens in die NT staan…

TAFELBERG BYBELSKOOL 2011 DIE DOOP: DEEL 2: SWART OP WIT In die vorige lesing het ons gesien dat die sakramente in beginsel versekeringe is. Eintlik is die Belofte van die Evangelieboodskap (naamlik dat God ons in Christus die ewige lewe gegee het – 1 Joh 5:11) die versekering (want God se Woord is betroubaar), maar…

TAFELBERG BYBELSKOOL 2011 DIE DOOP: DEEL 1: DIE GROOT MISTERIE Dis moeilik om te erken, maar álle doopbeskouings is gebaseer op afleidings wat gemaak word o.g.v. Bybelse gegewens. Hoe selfversekerd sommige van hul saak mag klink, is hul beskouings gebou op afleidings. Dit behoort almal nederiger te stem. Die Bybel sê byvoorbeeld glad nie presies…

© 2018 Designed with ❤ by Web Crew