Erediens Tyd: Sondae 09:30
Woord in Klank
Naweekpos
Youtube
Facebook







WAS JESUS ‘N GELOOFSGENESER?

Wat se soort ding is ‘n “geloofsgeneser”? Mens hoor dikwels daarvan en sien dit op sekere TV kanale.

‘n “Geloofsgeneser” is soos die “Lochness Monster” en Klaas Vakie. Dis iets wat nie regtig bestaan nie.

Dalk sê jy: “Wag so ‘n bietjie, maar sê die Bybel dan nie dat sommige gelowiges die gawe van genesing sal ontvang nie? Om in God se hand instrumente te wees dat siekes gesond kan word nie?”

Ja, dis waar. Maar dit praat nie van ‘n “geloofsgeneser” nie.

“Maar wat dan van Petrus en Paulus? Hulle het tog mense genees!”

Ja, hulle het, maar ander kere het hulle ook nie. Paulus kon byvoorbeeld nie homself genees toe hy siek geword het en in Galate moes oorbly nie (Gal 4:13). Hy kon ook nie Timoteus se maagkwale genees nie (1 Tim 5:23). En vir die stomme Trofimus het hy siek in Milete agtergelaat.

Wat was dan die doel van al hierdie wonders in die vroeë fase (die eerste dekade) van die Apostels se bediening? Wat was die doel van die wonders soos die onbekende landstale wat mense kon praat, die Godswoorde deur profesie, die wondergenesings en selfs opwekking van dooies wat die Apostels byna self kon verrig?

Hebreërs 2:3-4 sê dat die boodskap van verlossing aanvanklik deur die Here self gebring is en bevestig is deur die eerste ooggetuies (die apostels) terwyl die Here meegewerk het deur tekens en wonders en gawes van die Gees.”

Die wonderwerke was dus bedoel om te bevestig dat die boodskap van die Evangelie werklik eg is en van God kom. Dis net soos wat dit in die Ou Testament met Moses en Elia die geval was. Namate die Woord en kerk egter gevestig geraak het, het die wonders wat die Apostels direk verrig het, verminder.

Natuurlik doen God nog steeds wonders. Hy genees steeds mense. Hy kan selfs dooies opwek. Maar net in antwoord op gebed en as dit Sy wil is. Nie soos in die Apostoliese tyd toe ‘n apostel vir ‘n siek man kon sê: “Ek sê vir jou: Staan op en loop” nie.

Vandag se geloofsgenesers probeer die Apostoliese bediening naboots. Maar hulle gaan nie in hospitale en genees die mense nie. Met natuurrampe gaan genees hulle nie die mense nie. Want hulle weet hulle is vals en mislei die mense.

Met erkenning aan Gabe Hughes



© 2018 Designed with ❤ by Web Crew