Erediens Tyd: Sondae 09:30
Woord in Klank
Naweekpos
Youtube
Facebook

AANBID CHRISTENE, JODE, MOSLEMS EN MORMONE DIESELFDE GOD?

Dit word dikwels gesê dat – omdat Christene en Jode en Moslems en selfs Mormone dieselfde historiese erfenis in Abraham deel – hulle dus dieselfde God aanbid en dien. Is dit so? Nee, hulle doen nie.

Dis waar dat Judaïsme, Christendom en Islam almal monoteïstiese godsdienste is – hulle glo dus dat daar slegs een God is. Maar Mormonisme glo in baie gode en dink dat hulleself eendag gode sal wees. Hulle hou ‘n sekere soort Jesus voor, maar dis beslis nie die Jesus van die Bybel nie.

Die Christelike Geloof en Judaïsme deel weer die Ou Testament, maar die weë spat uitmekaar oor die Here Jesus Christus. Judaïsme verwerp Jesus as Messias en Seun van God. Die Here Jesus het ‘n baie harde oordeel oor hierdie Jode gevel: “As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het van God gekom. Hy het my gestuur. Maar julle verstaan nie wat ek sê nie en kan my woord nie verdra nie, want die duiwel is julle vader en julle doen wat hy wil hê.” (Joh 8:42-45).

Indien iemand dus nie die Here Jesus Christus ken nie, aanbid so ‘n mens nie die ware God nie.

Dit skakel ook die Islam uit, want hulle reken dit is Godslastering om te sê dat God ‘n Seun het. Hulle sê Jesus is nie self God nie, Hy is net ‘n profeet.

Luister wat sê Koran Sura 4:171 > “Die Messias, Jesus, seun van Maria, was net ‘n boodskapper van Allah. Julle moet net in Allah en sy boodskappers glo. En moenie sê DRIE nie. Allah is net een god. Hy kan nie ‘n seun hê nie..”

Maar wat sê die Skrif? Johannes 3:35-36: “Wie nie die Seun het nie, het ook nie die Vader nie en die toorn van God bly op so ‘n mens.”

Jode, Moslems en Mormone moet die Evangelie van die Here Jesus Christus hoor en dit verstaan. Niemand kom na die Vader toe, behalwe deur die Here Jesus Christus nie. Slegs diegene wat deur die Vader aan die Seun gegee is en na Hom toe kom, aanbid en dien die enigste ware God.

Met erkenning aan Gabe Hughes

© 2018 Designed with ❤ by Web Crew