Erediens Tyd: Sondae 09:30
Woord in Klank
Naweekpos
Youtube
Facebook

WAT IS DIE “ MERK VAN DIE DIER”?

In Openbaring 12-13 beskryf Johannes die onheilige drie-eenheid wat teenoor die ware Drie-eenheid staan: Die satan, anti-christelike politieke mag (eerste dier) en valse godsdiens (tweede dier). Die tweede dier doen groot wonderwerke om mense te mislei. Hy maak ook dat almal wat nie die eerste dier navolg nie, ‘n merk op die voorkop en regterhand kry waarsonder koop en verkoop onmoontlik is. Dit is die nommer van die gevalle mens: 666.

Die betekenis van hierdie twee diere is kilometers verwyder van al die populêre boekies en videos wat vir ons wil vertel dat die dier en sy 666-merk ons voor die deur staan en dat ons binnekort mikroskyfies onder ons velle sal ontvang waardeur die antichris ons ekonomies sal beheer. Wat sou dít vir die eerste lesers 2000 jaar gelede kon beteken?

Daarmee wil ons nie sê dat dit nie kan gebeur dat ons mikroskyfies onder die vel van ons hand of voorkop kan kry waarop ons ID en kredietkaartinligting is en wat bloot net geskandeer kan word wanneer ons iets koop nie.

Dit wat in Open 13 staan kan dalk eendag letterlik waar word – naamlik dat ‘n wêreldleier ekonomiese manipulasie sal kan uitoefen deur middel van moderne elektronika!

Dis egter nie die EINTLIKE boodskap van Open 13 is nie. Want hoe sou dit die eerste lesers kon troos om te weet dat 2000 jaar later mense met mikroskyfies op hulle voorkoppe sal rondloop?

Hierdie 2 diere en hulle 666 merk het te make met die wêreld waarin die kerk vandag lewe, maar ook 2000jr gelede geleef het! Dit gaan nie oor monsters en eindtydspekulasies waaroor mense bangmaakboeke skryf en hulself verryk vir geldelike gewin nie!

Hierdie twee handlangers: antichristelike politiek & valse godsdiens, vervolg die ware gelowiges. En hulle gee húlle “merk” aan die ongelowige mensdom. Let op: Alle ongelowiges van alle tye dra hierdie merk. Net soos God se kinders van alle tye Sý merk dra. Nie ‘n letterlike merk nie, maar ‘n simboliese merk van: “Jy is myne. My wese is op jou afgedruk”. Dít is ook die merkteken van die dier op die ongelowiges: Jy is myne! Dit is op hulle voorhoof (intellek) en hul hand (aksies) en dit manipuleer hulle hele lewe: koop en verkoop. Dis ‘n geestelike merkteken en nie ‘n fisiese teken nie!

Ons moet egter nie die goeie nuus in Openbaringboek miskyk nie. 1) Die 2 diere se dae is getel. Alles is “aan hulle gegee.” Hulle is aan God se leiband 2) Hulle is ‘n mislukking. Daarom is hulle teken 666. Die nommer wat strewe na 7, maar nooit daar uitkom nie. Die getal van die gevalle mens.

Dit vra van die Here se mense geduldige volharding en getrouheid!! Wat die hartklop van die boek Openbaring is!

Dit is wat ons alles sien onder die vergrootglas van die Woord!

© 2018 Designed with ❤ by Web Crew