Erediens Tyd: Sondae 09:30
Woord in Klank
Naweekpos
Youtube
Facebook

HOE OM IEMAND NA DIE HERE TE LEI – Deel 5

Die oorgangsinnetjie wat ‘n mens kan gebruik om vanaf “die wysvinger” (die mens is ‘n verlore sondaar en nie in staat om homself te red nie) na die “middelvinger” (God is liefde maar ook heilig en kan niemand in die hemel toelaat nie) te beweeg klink soos volg: “Die feit dat die mens nie homself kan red nie, kan ‘n mens nog duideliker verstaan as ‘n mens sien wat die Bybel oor God sê.”

GOD DIE VADER (DIE MIDDELVINGER)

A. GOD IS LIEFDE & GENADIG

Daarom wil Hy ons nie straf nie.
1 Johannes 4:8 > God IS liefde

B. GOD IS HEILIG & REGVERDIG

Daarom MOET Hy die sonde straf.
Die sondaar MOET en SAL dus in die oordeel voor God staan
Jy kan ‘n tandartsafspraak kanselleer wanneer jou moed jou begewe, maar hierdie afspraak SAL jy nakom!
Eksodus 34:7 > Die Here vergewe maar spreek niemand sonder meer vry nie
Romeine 6:23 > Die loon van die sonde is die dood

Ons verwag van aardse regters dat hulle die skuldiges regverdig sal straf, selfs al sou die beskuldigde iemand wees vir wie die regter baie omgee – byvoorbeeld ‘n familielid. Hoeveel te meer behoort dit nie van God waar te wees nie.

Wanneer God met ‘n sondelose mens te doen het, is Sy liefde en heiligheid in perfekte harmonie en die mens leef in Sy omhelsing. Maar wanneer ‘n sondaar voor Hom staan (wat Sy wil oortree het en dus die ewige straf skuldig is), wil Sy genade die persoon aanneem, maar Sy heiligheid/regverdigheid moet die persoon wegstoot. Vraag is: Hoe kan Hy dan ooit ‘n sondaar as Sy kind aanneem en in die hemel toelaat? Watter hoop het ons?

OORGANGSIN: God het hierdie probleem self opgelos in die persoon van Jesus Christus

© 2018 Designed with ❤ by Web Crew