Erediens Tyd: Sondae 09:30
Woord in Klank
Naweekpos
Youtube
Facebook

HOE OM IEMAND NA DIE HERE TE LEI – Deel 4

Die oorgangsinnetjie wat ‘n mens kan gebruik om vanaf “die duim” (die ewige lewe is ‘n geskenk en kan nie verdien word nie”) na die “wysvinger” (die mens is ‘n sondaar) oor te gaan, klink soos volg: “Die feit dat die ewige lewe ‘n vrye geskenk is, kan ‘n mens nog duideliker verstaan as ‘n mens sien wat die Bybel oor die mens sê”.

DIE MENS (DIE WYSVINGER)

A. DIE MENS IS ‘N VERLORE SONDAAR

Romeine 3:23 > ALMAL het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.

Meeste mense het ‘n vae idee dat hulle dalk sondaars is, maar besef nie die implikasies nie. Hulle “voel” nie verlore nie. ‘n Mens kan egter verlore wees sonder om dit te voel, maar net omdat God so sê! ‘n Mens kan ook nie “voel” dat daar ‘n oordeelsdag kom nie of dat daar ‘n hel is nie. ‘n Mens moet God se eie woorde daaroor aanvaar.

Sonde is enige iets wat teen God se wil is. Dis ‘n vergryp aan die Oneindige Wese. Dis strafbaar met die ewige dood. Elke mens sondig menigmaal per dag. Maar kom ons veronderstel ‘n mens sondig slegs 3 keer per dag. Dan staan so ‘n mens met byna 77000 oortredings voor God indien die persoon 70 jaar oud word. In geen aardse hof sal ‘n mens met so iets vrygespreek kan word nie.

B. DIE MENS KAN NIE HOMSELF UIT SY VERLORE TOESTAND RED NIE

Matteus 5:48 > Wees dan volmaak soos die Vader volmaak is

Jesaja 64:6 > Die mens se beste werke is vir God soos ‘n vuil besoedelde kleed

‘n Volmaakte God in ‘n volmaakte hemel vereis volmaakte gehoorsaamheid van die mens. Geen mens besit dit of kan dit behaal nie. Selfs net één sonde besmet alles – net soos een vrot eier ‘n hele omelet sleg maak. Volgens Jakobus 2:10 is die Wet soos ‘n ketting met skakels: breek een skakel, dan is die hele ketting gebreek.

Oorgangsinnetjie: “Die probleem dat die mens homself nie kan red nie, word beter verstaan as ‘n mens sien wat die Bybel oor God sê”

© 2018 Designed with ❤ by Web Crew