Erediens Tyd: Sondae 09:30
Woord in Klank
Naweekpos
Youtube
Facebook

This is Photoshop’s version of Lorem Ipsum. Proin gravida nibh vel velit auctor aliquet.
Aenean sollicitudin, lorem quis bibendum auctor, nisi elit consequat ipsum, nec sagittis sem nibh id elit.
Duis sed odio sit amet nibh vulputate cursus a sit amet mauris. Morbi accumsan ipsum velit. Nam nec tellus a odio tincidunt auctor a ornare odio. Sed non mauris vitae erat consequat auctor eu in elit.

LEWE VAN OORWINNING: Deel 4: GEEN DEEL DONKER

Lees eers Lukas 11:33-36. Dit is vir die Here baie belangrik dat Sy gemeentes & individuele gelowiges ‘n helder getuienis na buite moet uitdra. In Openb 1:20 word die gemeentes “lampe/kandelaars” genoem. Dit hou verband met die Meester se Woorde in Luk 11:33 waar Hy tereg sê dat ‘n lamp nie onder iets verberg moet word nie, maar skyn sodat “die mense” die lig kan sien. In die lig van Openb 1:20, is die lamp waarvan Jesus in Luk 11:33 praat dus die gelowiges/gemeente. Die doel van ‘n lamp is om ‘n bepaalde ruimte met lig te vul.

Die 1ste soort lamp waarvan Jesus praat is dus die gelowiges self wat ligdraers is. Gelowiges moet in staat wees om aan “die mense” te kan sê: “Kom sien” (Joh 1:39) i.p.v. “kom hoor”. Vandag sê ons: “Kom hoor die prediker”. Nee. Mense moet kan kom sien hoe ons lewe, ook in die privaatheid van ons huise. Mense moet kan kom sien watter resultate die Evangelie in ons produseer: hoe ons optree, hoe ons praat, hoe ons ons kinders grootmaak, hoe ons teenoor man/vrou optree. Indien die evangelie dít nie beïnvloed het nie, kan ek hoogstens sê: Kom hoor. Nee, ‘n Christen moet sy hele lewe vir mense kan oopmaak en hulle nooi en sê: “Kom sien, kom bestudeer my 24 uur van elke dag. Kom bestudeer my bankstate en finansies, my biblioteek, my tydskrifrak, alles waarna ek op Internet gekyk het die afgelope jaar, kom kyk wat doen ek wanneer ek alleen is en niemand my dophou nie. Ek wens ek kan my kop oopmaak dat jy ook my gedagtes kan navors.” Die wáre Evangelie produseer só ‘n verskil dat ek mense kan uitnooi en sê: Kom sien. Ons wil nie ‘n Boodskap glo en verkondig wat nie wérk in die praktyk nie!

Daar is egter ‘n 2de soort lamp (v 34): Die lamp wat die individuele gelowige se liggaam verlig, naamlik die oog! Hier is die sleutel om die gedeelte te verstaan. Hóé kan ‘n gelowige ‘n lamp wees wat skyn en wat ander mense kan kom sien? Antwoord: Binne-in die gelowige moet dit nie donker wees nie (v35). Daar moet lig binne in die gelowige se liggaam wees! Dáár moet ‘n lamp skyn. Soveel so dat daar nie ‘n enkele donker plekkie is nie! (v 36). Die oog laat lig in tot die fisiese liggaam, maar ook die siel wat lei tot ‘n rein hart. Die oog is die poort tot die hart. Indien die oog duisternis inlaat, sal die hart donker wees en die gelowige nie ‘n lamp wees wat lig vir ander mense gee nie. Dis baie duidelik dat die gelowige nie noodwendig lig binne-in hom het nie. Dis ‘n stryd. Vandaar Jesus se ernstige oproep: “Pas op dat die lig in jou nie donker is nie!” Tewens, daar mag “nie ‘n enkele donker plekkie wees nie.”

n Onrein hart (swak oog, duisternis van binne) is die oorsaak vir soveel geestelike blindheid, want ‘n mens se intellek/breinkrag kan jou nie openbaringskennis van God gee nie. Mense gaan na Bybelskole en dink hulle kan die Bybel verstaan met hulle IK.

Die Here het Sy Waarheid vir die geleerdes verberg, maar dit aan kindertjies geopenbaar (Mat 11:25).

Daar is net een boek in die wêreld wat nie deur geleerdes verstaan kan word nie, net deur kindertjies – die Bybel! Petrus het openbaringskennis gehad van wie Jesus werklik is, terwyl die teologies geskooldes van sy tyd daarvoor blind was! (Mat 16).

Húlle het Jesus laat vermoor denkende dat Hy ‘n duiwel is terwyl die visserman kon sien wie Hy werklik is! Om geestelike waarheid te kan verstaan, moet ‘n mens ‘n suiwer oog hê ten einde lig tot jou binneste toe te laat en ‘n rein hart te skep.

Die dors en passie van elke Christen behoort te wees om “geen donker deeltjie” in sy/haar binneste te akkommodeer nie en dus ‘n suiwer oog te hê. Indien daar “donkerte” in ons fisiese liggaam is, sal ons vinnig ‘n mediese oplossing probeer kry. Niemand sal jaar in en jaar uit tevrede wees met vier soort siektes in die liggaam nie. Watter ouer sal passief wees oor ‘n kind wat liggaamlike kwale het? Tog is ons doodtevrede met talle donker dele in ons innerlike mens. Min Christene sal haastige stappe neem om ontslae te raak van alles-wat-nie-Christus is. Dinge soos selfgesentreerde ambisies, bitterheid, vuil gedagtes, oneerlikheid. Onthou wat sonde is: Letterlik alles wat nie-Christus is. Sien Rom 3:23 – “ontbreek aan die heerlikheid van God.” Sonde is waar Gods heerlikheid in Christus in ‘n mens ontbreek, op watter wyse ookal. Die Heilige Gees sal ‘n mens altyd wys op Christus. Byvoorbeeld: Waaraan sal Jesus dink wanneer Hy alleen iewers sit? Sal Hy wonder wat die mense van hom dink of wat hulle van sy preke dink? Sou Hy sit en top oor die mense wat hom slegte name noem? (Mat 12:24). Die versoeking mag dalk kom (Hebr 4:15), maar Hy sou dit onmiddelik wegwys en nie sondig nie.

Die Christen se daaglikse lewensmotto behoort te wees: “Nie die geringste plekkie vir donkerte in my innerlike mens. Here, ek wil geen donker deeltjie in my menswees hê nie.” Waar ‘n mens dit ookal ontdek, trek dit uit soos dorings uit jou voet d.m.v. sondebelydenis en gebrokenheid/ootmoed (1 Joh 1: 7-9).

© 2018 Designed with ❤ by Web Crew